1 Kronieke 11:1-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die hele Israel het na Dawid in Hebron gegaan en vir hom gesê: “Ons is almal deel van u familie.

2. Vir ’n lang tyd al, selfs terwyl Saul koning was, was u die een wat in werklikheid Israel gelei het. Die Here u God het vir u gesê: ‘Jy sal die herder vir my volk Israel wees. Jy sal hulle leier wees.’”

3. Dawid het voor die Here ’n ooreenkoms met die leiers van Israel gesluit. Hulle het hom as koning oor Israel gesalf, net soos die Here deur Samuel belowe het.

4. Dawid en die hele Israel het opgetrek teen Jerusalem, of soos dit vroeër genoem is, Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike bewoners van die land, het daar gewoon.

5. Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nooit hier inkom nie.” Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem. Dit is wat nou die stad van Dawid genoem word.

6. Dawid het vir sy soldate gesê: “Wie ook al die aanval teen die Jebusiete lei, sal hoof van my weermag wees!” Joab, die seun van Dawid se suster Seruja, het die aanval gelei. So het hy hoof van Dawid se weermag geword.

7. Dawid het die bergvesting sy woning gemaak; daarom noem hulle dit die Stad van Dawid.

1 Kronieke 11