10. Op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek en een jaaroud ooilam sonder gebrek vat en drie tiendes van ’n efa fyn meel met olie gemeng as graanoffer en een log olie.
11. Die priester, wat hom rein verklaar, moet die man, wat gereinig word en al die offers voor die Teenwoordigheid van יהוה, by die ingang van die Tent van Ontmoeting, aanbied.
12. Die priester moet een lam vat en dit offer saam met die log olie as oortredingsoffer en dit as waaioffer voor die Teenwoordigheid van יהוה waai.
13. Hy moet die lam doodmaak op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer doodmaak, in die Afgesonderde plek, want die oortredingsoffer, net soos die sondoffer, behoort aan die priester; dit is mees afgesonderd.
14. Die priester moet van die bloed van die oortredingsoffer vat en die priester moet dit aan hom wat gereinig word se regteroorbel, aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, smeer.
15. Die priester moet ook van die log olie vat en dit in sy eie linkerhand gooi.
16. Die priester moet sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is en met sy vinger sewe maal van die olie voor die Teenwoordigheid van יהוה sprinkel.
17. Van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester aan hom wat gereinig word se regteroorbel, aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regter- voet smeer, oor die bloed van die oortredingsoffer.
18. Die res van die olie wat in die priester se hand is, moet hy op die kop, van hom wat gereinig word, gooi. So moet die priester vir hom toedekking doen voor die Teenwoordigheid van יהוה.
19. Die priester moet ook die sondoffer offer en vir hom wat gereinig word, toedekking doen, weens sy onreinheid; daarna moet hy die brandoffer slag.
20. Die priester moet die brandoffer en die graanoffer op die altaar offer. So moet die priester vir hom toedekking doen en hy sal rein wees.