Genesis 21:10-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. en sy sê vir Avraham: “Dryf hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Yitz’gak erf nie.”

11. Die ding was baie verkeerd in die oë van Avraham ter wille van sy seun,

12. maar God het aan Avraham gesê: “Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie, luister na Sarah in alles wat sy van jou verwag, want in Yitz’gak sal jou Saad genoem word enRom 9:7

13. Ek sal ook die seun van die slavin tot ’n groot nasie maak omdat hy jou kind is.”

14. Avraham het die oggend vroeg opgestaan en hy het brood en ’n velsak met water gevat en dit vir Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, asook die seun en haar weggestuur. Sy het weggegaan en rondgedwaal in die wildernis van Be’er-Sh’va.

15. Toe die water in die velsak op was, het sy die seun onder een van die bosse ingegooi

16. en weggeloop en op ’n afstand gaan sit, so ver as ’n boog kan skiet, want sy het gesê: “Ek wil die dood van die seun nie sien nie.” Sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem opgelig en gehuil.

17. יהוה het die stem van die seun gehoor en die boodskapper van God het na Hagar uitgeroep uit die hemele en haar gevra: “Wat is dit met jou, Hagar? Moenie bang wees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

18. Staan op, tel die seun op en ondersteun hom met jou hand, want Ek sal van hom ’n groot nasie maak.”

19. God het haar oë oopgemaak en sy het ’n put met water gesien en sy het geloop en die velsak vol water gemaak en die seun laat drink.

20. God was met die seun en hy het opgegroei en in die wildernis gebly en ’n boogskutter geword.

21. Hy het in die wildernis van Pa’ran gebly en sy moeder het vir hom ’n vrou uit Mitzrayim gevat.

22. In dié tyd het Avimelekh en Pikhol, die bevelvoerder van sy leër, met Avraham gepraat en gesê: “God is met jou in alles wat jy doen.

23. Sweer daarom nou vir my hier by God dat jy met my, my kinders en met my nageslag nie vals sal optree nie. Dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as gas bly.”

24. Avraham antwoord: “Ek sal sweer.”

25. Avraham het Avimelekh egter aangespreek oor ’n put wat die diensknegte van Avimelekh met geweld gevat het.

26. Avimelekh antwoord: “Ek weet nie wie dit gedoen het nie, jy het dit ook nie vir my gesê nie en ek het ook niks daarvan gehoor nie, behalwe vandag.”

Genesis 21