5. Die mense van daardie staddoen baie sondes,dit is ’n groot hoop sondes,dit is so hoog soos die hemel!Ja, God het onthou dat hulleverkeerde dinge gedoen het!
6. Julle moet dieselfdeaan hulle doenwat hulle aan julle gedoen het,julle moet hulle twee maal strafvir elke verkeerde dingwat hulle gedoen het!Hulle het vir julledie beker van swaarkrygegee om te drink.Nou moet julle twee maaldie beker van swaarkryvir húlle gee om te drink!
7. Die mense van daardie stadis soos ’n vrou wat haarselfbaie mooi gemaak heten baie duur goed gekoop het.Nou moet julle haarbaie laat seerkryen baie laat swaarkry!Want sy sê vir haarself:‘Ek is ’n koningin!Ek is nie ’n weduwee nie!Ek sal nooit huil en treur nie!’
8. Daarom sal Ek haar op een dagbaie maal straf:Sy sal pes kry,sy sal treur,sy sal honger wees,die Here Godsal haar verbrand,want Hy straf haaren Hy is sterk!”
9. Die konings van die aarde het onsedelik gelewe met die stad Babilon, en hulle het saam met haar duur goed gekoop. Maar hulle sal sien hoe sy brand, en hulle sal huil en kla oor haar.
10. Hulle sal ver staan en kyk, want hulle sal bang wees dat God hulle ook sal straf. En hulle sal sê:“Dit gaan slegmet die Groot Stad!Baie sleg!Dit gaan sleg met Babilon,die sterk stad!God het haar vinnig gestraf,Hy het haar in een uur gestraf!”
11. En die handelaars van die aarde sal huil en kla oor haar, want daar is niemand wat hulle goed koop nie.
12. Niemand koop hulle goud, silwer, edelstene en pêrels nie. Niemand koop fyn materiaal, pers materiaal, sy, en materiaal wat rooi is nie. Niemand koop die baie soorte hout wat lekker ruik, die baie soorte goed van ivoor, die baie soorte goed van duur hout, van koper, yster en marmer nie.
13. Ja, niemand koop die handelaars se kaneel, speserye, wierook, lekkerruik-olie, speserye wat lekker ruik, wyn, olyf-olie, die beste meel, koring, beeste, skape, perde, waens, slawe en mense nie.
14. Ja, Babilon, jy het gehouvan baie goed,maar nou is dit alles weg,al die duur goed,al die blink goed,jy sal dit nooit weer sien nie!
15. Die handelaars het ryk geword, want hulle het baie goed aan haar verkoop. Maar hulle sal ver staan en kyk, want hulle sal bang wees dat God hulle ook sal straf. Hulle sal huil en kla.
16. Hulle sal sê:“Dit gaan slegmet die Groot Stad!Baie sleg!Sy het mooi klere gedra,die materiaal was persen baie rooi!Sy het goue goed gedraen sy het mooi gelyk,sy het edelsteneen pêrels gedra!
17. Maar in een uur het Goddie stad leeggemaak,die stad wat so ryk was!”Die kapteins van die skepe het ver gaan staan, en ook almal op die skepe en al die matrose en almal wat op die skepe werk.
18. Hulle het gesien hoe die stad brand, en hulle het geskree en gesê: “Daar was nie ’n ander stad wat so wonderlik was soos hierdie groot stad nie!”