7. Hy het vir die Gerson-familie twee waens en vier beeste gegee vir die werk wat hulle moes doen.
8. Hy het vir die Merari-familie vier waens en ag beeste gegee vir die werk wat hulle moes doen. Itamar seun van die priester Aäron moes kyk dat hulle die werk doen.
9. Moses het nie vir die Kehat-familie waens en beeste gegee nie, want hulle moes werk met die gewyde dinge, hulle moes dit op hulle skouers dra.
10. Nadat Moses die altaar gesalf het, het die leiers van die stamme ook presente gebring. Hulle het die presente na die altaar gebring om die altaar te wy,
11. en die Here het vir Moses gesê: “Een van die leiers moet elke dag sy presente bring om die altaar te wy, die leiers moet dit twaalf dae lank doen.”
84. Die leiers van die Israeliete het die presente gegee om die altaar te wy nadat Moses die altaar gesalf het. Die presente was almal saam twaalf silwer skottels, twaalf silwer bakke en twaalf goue bakkies.
85. Elke skottel het 130 sikkels geweeg en elke silwer bak 70 sikkels. Al die silwergoed saam het 2 400 sikkels geweeg, dit was tempel-sikkels.
86. Die twaalf goue bakkies wat vol wierook was, het elkeen 10 sikkels geweeg, dit was tempel-sikkels. Al die goue bakkies saam het 120 sikkels geweeg.
87. Die leiers het ook diere gegee, dit was die brand-offer. Die diere was almal saam twaalf bulle, twaalf skaap-ramme en twaalf jaaroud lammers. Hulle het die diere gegee saam met die koring-offers. Daar was ook twaalf bok-ramme, dit was die sonde-offer.
88. Die diere wat die leiers vir die ete-offer gegee het, was almal saam 24 bulle, 60 skaap-ramme, 60 bok-ramme en 60 jaaroud lammers. Dit was die offers om die altaar te wy nadat Moses die altaar gesalf het.
89. Wanneer Moses met die Here wou praat, dan het hy ingegaan in die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het en het hy gehoor die Here praat met hom van bokant die deksel wat op die kis was waarin die tien gebooie is. Die Here het met hom gepraat van tussen die twee gerubs.