Numeri 4:18-20-37 Bybel vir Almal (ABA)

2. “Jy moet die Kehat-familie tel en opskryf van wie se nageslag en van watter familie elkeen is.

3. Jy moet almal tel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat kan werk. Hulle moet werk met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

4. Die Kehat-familie moet werk met die hoog-gewyde dinge van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

5. Wanneer die mense in die kamp moet weggaan, dan moet Aäron en sy seuns kom en hulle moet die gordyn voor die binneste kamer afhaal. Hulle moet die kis waarin die tien gebooie is, daarmee toemaak.

6. Dan moet hulle ’n seil van sagte vel bo-oor die kis sit, en daarna ’n lap van blou wol-materiaal. Daarna moet hulle die dra-houte in die ringe van die kis sit.

7. Hulle moet ’n blou lap oor die tafel gooi waarop die offer-brood is, en dan moet hulle die skottels, die panne, die bakke en die kanne daarop sit, die kanne waarmee hulle die drank-offer uitgooi. Die offer-brood moet ook daarby wees.

8. Hulle moet ’n rooi lap bo-oor gooi en alles toemaak met ’n vel-seil. Dan moet hulle die dra-houte in die ringe van die tafel sit.

9. Daarna moet hulle ’n blou lap neem en die lampstaander toemaak, saam met die lampe en die dekseltjies wat die lampe doodmaak en die olie-kanne wat daarby moet wees.

18-20. “Aäron en sy seuns moet kom en hulle moet vir elkeen van die Kehat-familie sê wat hy moet doen en wat hy moet dra. Die mense van die Kehat-familie moenie kyk na die hoog-gewyde dinge nie, hulle moet glad nie kyk nie. Want as een van hulle dit doen, dan sal hy sterf, en julle moenie dat die Kehat-familie sterf en ophou lewe tussen die Leviete nie. Julle moet dit vir hulle sê sodat hulle kan aanhou lewe.”

21. Die Here het vir Moses gesê:

22. “Jy moet die Gerson-familie ook tel, jy moet skryf aan watter familie elkeen behoort en van wie se nageslag hy is.

23. Jy moet almal tel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat kan werk. Hulle moet werk met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

24. Hierdie is die dinge wat die Gerson-familie moet doen en wat hulle moet dra:

25. Hulle moet die stukke materiaal van die tempel-tent dra, die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn, en die seil en die vel-seil wat daaroor is, en die gordyn by die ingang van die tent,

26. en die gordyne om die oop stuk grond, en die gordyn by die ingang van die poort van die oop stuk grond rondom die tempel-tent en die altaar, en die toue en al die ander goed wat daarby moet wees. Die Gerson-familie moet alles doen wat nodig is by die altaar.

27. Hulle moet alles doen wat Aäron en sy seuns vir hulle sê. Hulle moet die goed dra en die werk doen wat hulle moet doen.

28. Dit is die werk van die Gerson-familie by die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Itamar seun van die priester Aäron moet kyk dat hulle die werk doen.”

29. “Jy moet die Merari-familie ook tel, jy moet opskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

30. Jy moet almal tel wat tussen 30 en 50 jaar oud is, almal wat kan werk. Hulle moet werk met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.

31. Hierdie is die dinge wat die Merari-familie moet dra en wat hulle alles moet doen: Hulle moet die rame van die tempel-tent dra, die dwarspale en die pale en die voetstukke van die tempel-tent,

32. die pale van die oop stuk grond rondom die tempel-tent, en die voetstukke en die penne en toue, en alles wat daarby moet wees. Jy moet sê watter goed elkeen moet dra.

33. Dit is die werk van die Merari-familie met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. Itamar seun van die priester Aäron moet kyk dat hulle die werk doen.”

34. Moses en Aäron en die leiers van die volksvergadering het die Kehat-familie getel en hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

35. Hulle het almal getel wat tussen 30 en 50 jaar oud was, en hulle het opgeskryf van wie se nageslag elkeen is en aan watter familie hy behoort.

36. Die Kehat-familie was almal saam 2 750.

37. Dit is die hele nageslag van Kehat wat gewerk het met die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn het. Die Here het vir Moses gesê hy en Aäron en die leiers moet die Kehat-familie tel, en hulle het dit gedoen.

Numeri 4