2. Julle moet vir die Here ’n brand-offer bring wat lekker ruik vir Hom. Die brand-offer is: ’n bul, ’n skaap-ram en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees.
3. Julle moet dit gee saam met die koring-offer wat by elke brand-offer moet wees. Die koring-offer moet van die beste meel wees wat julle moet meng met olyf-olie. Die koring-offer is: drie tiendes van ’n efa meel vir die bul, twee tiendes van ’n efa meel vir die skaap-ram
4. en een tiende van ’n efa meel vir elke lam.
5. Julle moet ook ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees wat versoening kan doen vir julle.
6. Julle moet hierdie offers bring saam met die brand-offer op die Nuwemaan-fees en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring. Dit is ook saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring, en saam met die drank-offers wat by al die offers moet wees. Julle moet dit doen soos die Here vir julle gesê het. Die offers ruik lekker vir die Here, dit is ’n vuur-offer vir Hom.”
7. Die Here het vir Moses gesê: “Op die tiende dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself aan die Here wy. Julle mag dan nie eet nie en julle mag nie julle werk doen wat julle altyd doen nie.
8. Julle moet vir die Here ’n brand-offer gee wat lekker ruik vir Hom. Die brand-offer is: ’n bul, ’n skaap-ram en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees.
9. Julle moet dit gee saam met die koring-offer wat by die brand-offer moet wees. By die bul moet julle drie tiendes van ’n efa van die beste meel gee wat julle met olyf-olie moet meng, by die skaap-ram twee tiendes van ’n efa meel
10. en by elke lam een tiende van ’n efa meel.
11. Julle moet ook ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees saam met die sonde-offer vir versoening. Julle moet hierdie offers gee saam met die brand-offer wat julle altyd moet bring en die koring-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring, en saam met die drank-offer wat julle by elke offer moet gee.”
12. Die Here het vir Moses gesê: “Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie op daardie dag julle werk doen wat julle altyd doen nie. Julle moet hierdie fees sewe dae lank vir die Here vier.
35. “Op die agste dag moet julle ’n gewyde feesdag hê, julle mag nie op daardie dag julle werk doen wat julle altyd doen nie.
36. Julle moet ’n brand-offer gee, dit is ’n vuur-offer wat lekker ruik vir die Here. Die vuur-offer is: ’n bul, ’n skaap-ram, en sewe jaaroud ram-lammers. Dit moet gesonde diere wees.
37. Saam met die brand-offer moet julle die koring-offer en die drank-offer gee wat by elke offer moet wees, julle moet dit by elke bul en elke ram en elke lam gee, soos die Here gesê het.
38. Julle moet ook ’n bok-ram gee om ’n sonde-offer te wees. Julle moet hierdie offers gee saam met die brand-offer wat julle elke dag moet bring en die koring-offer en die drank-offer wat julle saam met die brand-offer moet bring.
39. “Dit is die offers wat julle moet bring vir die Here wanneer julle feesvier. Julle moet die brand-offers, die koring-offers, die drank-offers en die ete-offers gee saam met die gelofte-offers en met die offers wat julle self besluit om te bring.”
40. Moses het vir die Israeliete alles gesê wat die Here vir hom gesê het.