18. “Julle moet nou luister na wat die gelykenis van die saaier beteken.
19. “Weet julle wat dit beteken wanneer die saad op die voetpad in die koringland geval het? Dit is wanneer iemand die boodskap hoor dat God Koning is, maar nie die boodskap verstaan nie. Die duiwel kom na hom toe en hy vat die woorde weg wat God in sy hart gesaai het.
20. Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer iemand die boodskap hoor en glo en bly is daaroor,
21. maar hy is soos ’n plant wat nie diep wortels het nie en net ’n kort tydjie lewe. Hy hoor die boodskap en hy glo dit, maar wanneer die mense hom daaroor verdruk, en hy begin swaarkry, dan hou hy op om te glo.
22. “En wanneer die saad tussen die dorings val, is dit soos wanneer iemand die boodskap hoor, maar hy is bekommerd oor die dinge van die wêreld en hy dink hoe hy kan ryk word. Daarom kan die boodskap nie sy lewe verander nie, soos die saad wat nie vrugte dra nie.
23. Wanneer die saad in vrugbare grond val, dan is dit soos wanneer ’n mens die boodskap hoor en dit verstaan. Die boodskap verander sy lewe, soos die saad wat vrugte dra. By party mense is die vrugte 100 maal meer as die saad wat die man gesaai het. By party mense is die vrugte 60 maal meer, en by party mense is dit 30 maal meer.”
24. Jesus het vir hulle nog ’n gelykenis vertel. Hy het gesê: “Wanneer God Koning is, God wat in die hemel is, dan is dit soos wanneer ’n man goeie saad in die grond gesaai het.
25. Een nag het sy vyand gekom en gewag totdat al die mense slaap. Toe het hy onkruid tussen die koring gesaai en daarna het hy weggegaan.
26. Die koringplantjies het mooi begin groei en die koring-are het uitgekom. Die werkers kon toe die onkruid ook sien.
27. Hulle gaan toe na die man toe en sê vir hom: ‘Meneer, jy het goeie saad gesaai in die grond. Van waar kom die onkruid?’
28. Die man het vir hulle gesê: ‘My vyand het die onkruid gesaai.’ Die werkers vra toe vir die man: ‘Moet ons die onkruid gaan uittrek?’