21. Die Joodse priesterleiers het toe vir Pilatus gaan sê: “Jy moenie skryf: ‘Jesus, die koning van die Jode’ nie. Jy moet skryf: ‘Jesus het gesê hy is die koning van die Jode.’ ”
22. Pilatus het vir hulle gesê: “Ek het dit geskryf en ek sal dit nie verander nie.”
23. Nadat die soldate vir Jesus gekruisig het, het hulle sy klere gevat. Hulle het sy bo-klere in vier dele gedeel, en elke soldaat het ’n deel gekry. Jesus se onderkleed was alles een stuk materiaal, dit het nie ’n naat gehad nie.
24. Die soldate het vir mekaar gesê: “Ons moenie die onderkleed stukkend skeur nie. Dit sal beter wees as ons lootjies trek om te sien wie dit moet kry.”Dit het gebeur sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf: Hulle het my kleretussen hulle gedeel.Hulle het lootjies getrekoor my klere.Dit is wat die soldate gedoen het.
25. Jesus se ma het naby sy kruis gestaan. Haar suster was ook daar, ook Maria vrou van Klopas, en Maria Magdalena.
26. Jesus het gesien sy ma staan daar en ook die dissipel vir wie Hy lief was. Toe sê Jesus vir sy ma: “Mevrou, daardie dissipel is nou jou seun.”
27. En Hy sê vir daardie dissipel: “Daardie vrou is nou jou ma.”Van toe af het daardie dissipel vir Jesus se ma by hom laat woon.
28. Jesus het geweet al sy werk op aarde was nou klaar. Daarom het Hy gesê: “Ek is dors.”Hy het dit gesê sodat dit waar kan word wat in die Ou Testament geskryf is.
29. Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het ’n spons vol suur wyn gemaak en hulle het dit op ’n hisop-tak gesit. Hulle het dit teen Jesus se mond gedruk.
30. Jesus het die wyn gedrink en gesê: “Nou het Ek my werk klaar gedoen!”Hy het sy kop vorentoe gebuig en Hy het gesterf.
31. Dit was die dag toe die Jode alles gereedgemaak het vir die Sabbatdag, ’n baie belangrike Sabbatdag. Die Jode wou nie hê Jesus en die ander twee mans se liggame moet op die Sabbatdag aan die kruise hang nie. Daarom het die Jode vir Pilatus gevra dat sy soldate eers hulle bene moet breek voordat die soldate die liggame van die kruise afhaal.
32. Die soldate het gegaan en hulle het die eerste man se bene gebreek. Toe het hulle ook die bene gebreek van die ander man wat saam met Jesus gekruisig is.
33. Toe die soldate by Jesus kom, sien hulle Jesus is klaar dood. Daarom het hulle nie sy bene gebreek nie,
34. maar een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek en dadelik het daar bloed en water uitgekom.