Jeremia 50:1-12 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gepraat oor Babel, oor Galdeër-land, en Hy het die profeet Jeremia gestuur om dit te sê:

2. “Julle moet vir al die volke vertel,julle moet ’n vlag in die lug ophou,julle moet praat, julle moenie stilbly nie,julle moet sê:Vyande het die land Babel oorwin. Bel kan nie help nie, Marduk is bang,die afgode kan nie help nie, hulle is bang,

3. want ’n volk het uit die noorde gekomen hulle het Babel oorwin.Hulle het die land leeggemaak,daar is nie mense nie,niemand woon nou daar nie,die mense en diere het gevlug.”

4. Die Here sê: “Wanneer dit gebeur, in daardie tyd, dan sal die Israeliete kom, en die Judeërs sal saam met hulle kom. Hulle sal loop en huil en hulle sal hulle God die Here soek.

5. Hulle sal vra waar is die pad na Sion en hulle sal na Sion gaan, hulle sal kom om by die Here te wees. Ek sal my verbond met hulle nooit breek nie, dit sal vir altyd wees, en hulle sal dit nie vergeet nie.

6. My volk was soos skape wat weggeraak het, hulle herders het hulle laat wegraak en laat verdwaal op die berge. Hulle het van die een berg na die ander berg geloop en hulle het vergeet waar hulle lêplek is.

7. Almal wat by die skape gekom het, het die skape geslag en geëet, en hulle vyande het gesê: ‘Die Here sal ons nie straf nie, want die Israeliete het sonde gedoen teen die Here. Die Here wou vir hulle soos ’n weiveld wees waar hulle kon rus. Hulle voorvaders het geglo dat Hy die Here is wat hulle sal help.’

8. “Julle moet vlug uit Babel,julle moet uitgaan uit Galdeër-land,julle moet wees soos die leierbokkevoor die skape en bokke.

9. Want kyk, Ek maak ’n groep groot volkewakker uit die land in die noordeen Ek bring hulle om Babel aan te val.Hulle kom staan reg om oorlog te maak,hulle begin by die noordekanten hulle oorwin die stad.Hulle is manne wat weet hoe omoorlog te maak,al hulle pyle skiet raak.

10. Die vyande sal die Galdeërs vang en wegvat,hulle sal aanhou totdat hulle genoeg het.”Dit sê die Here.

11. Die Here sê:“Galdeërs, julle wat nou die goed wegdra uit my stad,julle is nou bly en julle juig,julle spring rond soos kalwers op ’n dorsvloer,julle raas, julle runnik soos perde-hingste.

12. Maar dit sal sleg gaan met julle,julle vyande sal julle verneder,julle sal die volk word wat die minste belangrik is,julle land sal ’n droë woestyn word.

Jeremia 50