Jeremia 5:12-31 Bybel vir Almal (ABA)

12. Hulle het gemaak of die Herevir hulle niks beteken nie,hulle het gesê: “Die Here kan niksaan ons doen nie.Niemand sal ons doodmaak nie,en ons kos sal nie opraak nie.

13. Die profete praat nonsens,hulle sê dinge wat die Here nie gesê het nie.Wat hulle sê, sal met hulleself gebeur.”

14. Die Here, die God wat oor alles regeer, sê:“Omdat hulle dit gesê het,maak Ek nou my woorde in Jeremia se mond ’n vuur,en Ek maak hierdie volk die hout.Die vuur sal hulle brand, daar sal niks oorbly nie.

15. Mense van Israel, Ek sal nou’n volk van ver bring om julle aan te val,’n volk wat lankal daar is, van lank gelede af.Daardie volk praat ’n taal wat julle nie verstaan nie.

16. Hulle soldate kan almal goed oorlog maak,hulle pyle bring dood.

17. Hulle sal julle kos op-eetwat in julle koringlande of in julle huise is,hulle sal julle seuns en julle dogters doodmaak,hulle sal julle skape en bokke en beeste op-eet.Hulle sal julle wingerde en julle vyebome verwoes,hulle sal julle stede wat die sterk mure het,plat slaan met hulle swaarde.

18. Maar ook daardie tydsal Ek julle nie almal laat sterf nie.

19. “Jeremia, hulle sal vra: ‘Hoekom het ons God die Here hierdie dinge aan ons gedoen?’ Jy moet dan vir hulle sê: ‘Julle het weggegaan van My en julle het gode van ander volke gedien in julle land. Net so sal julle ander konings dien in ’n land wat nie aan julle behoort nie.’

20. “Julle moet praat met die nageslag van Jakob, julle moet vir die mense in die land Juda sê:

21. “ ‘Luister wat ek sê, dwase volk,julle het nie verstand nie,julle het oë maar julle wil nie sien nie,julle het ore maar julle wil nie hoor nie.’ ”

22. Die Here sê:“Ek het gesê die seewater mag komtot by die sand langs die see,en die see het nog nooit verder gekom nie,die branders kom nader en raas hard,maar kan nie by die sand verbykom nie.Is julle nie bang vir My nie?

23. Nee, hierdie volk is hardkoppigen opstandig,hulle het weggegaan van My.

24. Hulle het nie gesê:‘Kom ons dien ons God die Herewat die reën gee, die vroeë reënen die laat reën op die regte tyd,en wat ook die weke altyd weer laat komwanneer ons die koring moet afsny.’

25. Dit is omdat julle verkeerd gedoen het,daarom reën dit nie.Ek het die goeie dinge weggehouomdat julle sonde doen,

26. want daar is slegte mense in my volk,hulle vang mensesoos hulle voëls vang in vangstrikke.

27. Hulle huise is vol mensewat vir hulle geld skulden vir hulle moet werk.Dit is soos ’n hok wat ’n mens vol voëls maakwanneer jy hulle vang.Hulle word ryk omdat hulle mense bedrieg,

28. hulle word vet en blink.Hulle is regters in die hofwat nie reg doen aan mense nie,hulle laat verkeerde dinge gebeur.Die slegte mense laat weeskindersen arm mense verloorwanneer hulle vra dat iemandreg moet doen aan hulle.

29. Wil julle hê Ek moet hierdie dingenie raaksien nie?Moet Ek mense wat so doen, nie strafoor wat hulle gedoen het nie?”Dit sê die Here.

30. ’n Vreeslike lelike ding het in die land gebeur:

31. Die profete bring boodskappewat hulle nie by die Here gekry het nie,die priesters regeer soos hulle wil,en my volk hou daarvan.Maar wat sal julle doenwanneer die einde kom?

Jeremia 5