23. Kirjatajim, Bet-Gamul, Bet-Meon,
24. Kerijot en Bosra, al die stede in die land Moab, ver en naby.
25. Die Here sê:“Moab was sterk maar nou is hy swak,hy is soos ’n man met ’n af arm.”
26. Julle moet Moab dronk maak totdat hy opgooi,want hy het gedink hy is belangriker as die Here.Die ander volke moet vir hom lag.
27. Moab, dit sal met jou gebeuromdat jy vir Israel gelag hetsoos ’n mens lag vir ’n diefwanneer jy hom vang.Ja, jy het oor Israel gepraat,maar nou moet jy jammer wees vir jouselfen jy moet jou kop skud vir jouself.
28. Mense van Moab,julle moet weggaan uit die stede,julle moet tussen die rotse gaan woon,julle moet word soos duiwe wat hulle neste maakin die kante van diep gate.
29. Ons het gehoor die Moabieteis hoogmoedig en trots,hulle dink hulle is belangriken wonderlik en beter as ander volke.
30. Die Here sê:“Ek weet self hoe hoogmoedig die Moabiete is,maar hulle het niks waaroor hulle kan spog nie,hulle moet dit nie doen nie.
31. Daarom sal Ek huil oor die Moabiete,Ek sal skree oor al die Moabieteen Ek sal vra dat iemand hulle moet help,Ek sal sug oor die mense van die stad Kir-Geres.
32. Wingerde van die stad Sibma, Ek sal huil oor julle,meer as wat Ek sal huil oor die stad Jaser.Die ranke van die wingerde gaantot by die see, tot by Jaser.Die vyande het gekomom die vrugte en die druiwe te verwoes.
33. Niemand sing en juig nogin die tuinland, in Moab nie.Ek het die wyn laat wegraakuit die parskuipe,niemand trap nog die druiwe en sing nie.”
34. Die mense van Gesbon skreeen vra iemand moet hulle help,die mense kan dit hoorin die stede Elale en Jahas,in Soar en Goronajim en Eglat-Selisija,want die water by Nimrim is ook op.
35. Die Here sê:“Ek sal die Moabiete laat sterfwat na die offer-plekke gaanen offers bring vir hulle gode.
36. Dit is hoekom ek kla oor die Moabiete,oor die mense van Kir-Geres.Ek kla soos mense wat hartseer is en fluite blaas,want al hulle goed wat hulle gebêre het, is weg.
37. Ja, al die mensehet hulle koppe kaal geskeeren hulle baarde afgeskeer,hulle het hulle hande stukkend gesnyen rouklere aangetrek,
38. die mense rou op al die dakkeen op die oop stukke grond,want Ek het Moab gebreek soos ’n kleipotwat niemand wil hê nie.”Dit sê die Here.
39. Die Moabiete is bang, hulle huil en vlug,want hulle het verloor in die oorlog.Al die volke rondom die Moabiete lagoor wat met hulle gebeur het,en mense skrik wanneer hulle dit sien.
40. Ja, die Here sê:“Kyk, die vyande sal afkom soos aasvoëlsen hulle sal oor Moab vlieg.