Jeremia 25:14-31 Bybel vir Almal (ABA)

14. Ook die Galdeërs sal vir baie volke en vir groot konings moet werk. Ek sal hulle straf oor wat hulle gedoen het.’ ”

15. Die Here, die God van Israel, het vir my gesê: “Ek gee vir jou hierdie beker met die giftige wyn. Ek stuur jou na verskillende volke toe, en jy moet hulle almal laat drink van die wyn.

16. Hulle sal drink en hulle bene sal bewe. Hulle sal soos mal mense word, omdat Ek mense stuur om oorlog te maak teen hulle.”

17. Ek het die beker geneem wat die Here vir my gegee het. Ek het na al daardie volke toe gegaan en ek het die mense laat drink.

18. Ek het eerste na Jerusalem en die stede van Juda gegaan, en ek het hulle konings en amptenare laat drink. Die stede het hope klippe geword, en daar het toe niemand gewoon nie. Mense het daar geloop en fluit. Die Here het die land vervloek, daarom lyk die land vandag so sleg.

19. Toe het die farao, die koning van Egipte, gedrink, en sy amptenare en sy hele volk en al die mense wat naby Egipte woon en wat vir die farao moet werk.

20. En daarna het ek al hierdie mense laat drink: die konings van die land Us, en al die konings van Filistyne-land en die mense van die stede Askelon, Gasa en Ekron, en die mense in Asdod wat nog lewe,

21. en die mense van Edom en Moab, en die Ammoniete,

22. en al die konings van Tirus en Sidon, en die konings van die land anderkant die see,

23. en die stede Dedan en Tema en Bus, en almal wat die kante van hulle koppe kaal skeer,

24. en al die konings van Arabië, en al die konings van die mense wat in die woestyn woon,

25. en al die konings van Simri, en al die konings van Elam en al die konings van die Mediërs,

26. en al die konings in die noorde, ver van mekaar of naby mekaar. Al die konings van die aarde wat op die aarde woon, moes uit die beker drink. En ná hulle moes die koning van Babel drink.

27. Die Here het gesê ek moet vir hulle sê: “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Julle moet drink en dronk word en opbring en val en nie weer opstaan nie, want Ek stuur mense om oorlog te maak teen julle.

28. En as hulle nie van jou die beker wil neem en wil drink nie, dan moet jy vir hulle sê: Die Here wat oor alles regeer, sê: Julle sal móét drink.

29. Ek begin eerste by die stad wat aan My behoort en Ek laat hulle swaarkry, maar julle moenie dink Ek sal nie vir júlle straf nie. Nee, Ek sal júlle ook straf, want Ek bring mense om oorlog te maak teen almal wat op die aarde woon.”Dit sê die Here wat oor alles regeer.

30. Die Here sê ook: “En jy, Jeremia, jy moet hierdie boodskap vir hulle bring, jy moet al hierdie woorde vir hulle sê:“Die Here sal hard skree,soos ’n leeu wat brul,Hy sal praat uit die hemel,uit sy gewyde woonplek.Hy sal skree soos die mensewat druiwe trapen Hy sal praat met almalwat op die aarde woon.

31. Al die mense op die aarde sal dit hoor,want die Here is die Regter oor die volke,Hy sal almal oordeel, almal wat lewe,En Hy sal die mense wat skuldig is,in oorlog laat sterf.”Dit sê die Here.

Jeremia 25