16. Hy het by haar gestop en vir haar gesê: “Kom, ek wil asseblief seks hê met jou.”Hy het nie geweet dat dit sy skoondogter is nie. Tamar vra toe vir hom: “Wat sal jy my betaal?”
17. Hy het geantwoord: “Ek sal vir jou ’n bok-lam gee. Ek sal dit later vir jou stuur.”Sy sê toe: “Jy moet eers vir my ’n bewys gee dat jy die bok-lam sal stuur.”
18. Hy vra toe: “Watter bewys wil jy hê? Wat moet ek vir jou gee?”En sy sê: “Jou seël met sy toutjie, en die kierie wat in jou hand is.”Hy het dit vir haar gegee. Juda het seks gehad met haar, en sy het swanger geword.
19. Sy het weggegaan, haar sluier afgehaal en weer haar weduwee-klere aangetrek.