Genesis 27:20-34 Bybel vir Almal (ABA)

20. Toe vra Isak vir sy seun: “Hoe het jy so gou ’n bok gekry, my seun?”En Jakob antwoord: “Die Here, Pa se God, het my gehelp om gou ’n bok te kry.”

21. Isak sê toe vir Jakob: “My seun, kom asseblief nader sodat ek aan jou kan voel. Is jy my seun Esau of nie?”

22. Jakob het nader gekom na sy pa Isak toe, en Isak het aan hom gevoel. Hy sê toe: “Jou stem is soos Jakob se stem, maar jou arms voel soos Esau se arms.”

23. Isak het nie geweet dat dit Jakob is nie, want Jakob se arms was vol hare soos sy broer Esau se arms. Isak het toe vir Jakob geseën.

24. Maar hy het eers weer gevra: “Is jy regtig my seun Esau?”En Jakob het gesê: “Ja, ek is.”

25. Toe sê Isak: “My seun, bring vir my die wildsvleis, sodat ek daarvan kan eet, want Ek wil jou seën.”Jakob gee dit toe vir hom, en hy het geëet. Jakob het ook wyn vir hom gebring, en hy het dit gedrink.

26. Toe sê sy pa Isak vir hom: “My seun, kom asseblief nader en soen my.”

27. En Jakob het nader gegaan en hom gesoen. Isak het die klere geruik wat Jakob aangehad het, en toe het hy vir Jakob geseën en gesê:“My seun ruik soos die veldwat die Here geseën het.

28. Ek bid dat God vir jouvan die hemel se dousal geeen die beste van alles wat uitdie aarde kom.Ek bid dat jy baie koringen wyn sal hê.

29. Ek bid dat ander volkejou sal dien en datdie mense van ander landevoor jou sal buig.Jy sal die hoof weesoor jou broer,en hy sal voor jou buig.As iemand jou vervloek,dan sal die Herehom vervloek,en as iemand jou seën,dan sal die Here hom seën.”

30. So het Isak vir Jakob geseën.Toe Jakob weggaan van sy pa, kom Esau terug uit die veld waar hy die wildsbok geskiet het.

31. Esau maak toe ook ’n lekker ete gaar en bring dit vir sy pa en sê vir hom: “Pa, sit asseblief regop en eet van my wildsvleis, sodat Pa my kan seën.”

32. Isak vra toe vir hom: “Wie is jy?”En hy antwoord: “Ek is jou oudste seun Esau.”

33. Toe skrik Isak baie groot en hy begin bewe. Hy vra toe vir Esau: “Iemand het ’n wildsbok geskiet en hy het dit vir my gebring. Wie was dit? Ek het van alles geëet en ek het hom geseën voordat jy gekom het. En ek kan nie sy seën wegvat nie.”

34. Toe Esau hoor wat sy pa sê, het hy hard geskree en begin huil. Hy sê toe vir sy pa: “Pa, seën asseblief ook vir my.”

Genesis 27