Esegiël 24:20-26 Bybel vir Almal (ABA)

20. Ek het toe vir hulle gesê: “Ek het gehoor die Here sê vir my:

21. Jy moet vir die volk Israel sê: Die Here, Hy wat Here is, sê: Julle is trots op my tempel, julle dink die tempel beskerm julle. Julle is lief vir die tempel en julle is bly dat dit hier is. Maar Ek sal die tempel laat ontwy. Die vyande sal julle wegvat, en julle seuns en dogters wat in die stad oorbly, sal in oorlog sterf.

22. Dan sal julle doen wat ek nou doen. Julle sal nie julle gesigte toemaak nie en julle sal nie begrafnis-kos eet nie.

23. Julle tulbande sal op julle koppe wees en julle skoene sal aan julle voete wees. Julle sal nie rou en huil nie. Julle sondes sal julle swak laat word, julle sal by mekaar sit en kla.

24. Esegiël sal vir julle ’n teken wees. Julle sal doen wat hy nou doen. Wanneer dit gebeur, dan sal julle weet dat Ek die Here is, Hy wat Here is.

25. En jy, mens, hulle dink die tempel beskerm hulle. Die tempel is vir hulle mooi en hulle is bly dat dit daar is, hulle is lief vir die tempel en dit maak die lewe vir hulle mooi. Maar Ek sal dit wegvat van hulle, en Ek sal ook hulle seuns en hulle dogters wegvat.

26. Wanneer Ek dit doen, dan sal iemand wat vry weggekom het uit Jerusalem, na jou toe kom en hy sal die slegte nuus vir jou vertel.

Esegiël 24