1. Besaleël het ’n brandoffer-altaar van doringhout gemaak. Dit was vierkantig, vyf el lank en vyf el breed, en dit was drie el hoog.
2. Hy het horings gemaak op die vier hoeke. Die altaar en die horings was vas aan mekaar. Besaleël het die altaar en die horings oorgetrek met brons.
3. Hy het alles gemaak wat by die altaar moes wees: die potte, die grawe, die bakke, die vurke en die emmers vir die kole. Hy het dit alles van brons gemaak.
4. Rondom die altaar het hy tralies van brons gemaak. Die tralies was so hoog soos die helfte van die altaar.
5. Hy het vier ringe gemaak en hy het dit vasgesit aan die vier hoeke van die tralies, ’n ring aan elke hoek. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek.