Eksodus 27:1-19 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Moses gesê: “Julle moet ’n altaar maak van doringhout, vyf el lank en vyf el breed en drie el hoog. Die altaar moet vier hoeke hê,

2. en daar moet horings wees op die vier hoeke. Die altaar en die horings moet vas aan mekaar wees. Julle moet dit met brons oortrek.

3. Julle moet potte maak vir die as, en ook grawe, bakke, vurke en emmers vir die kole. Julle moet dit alles van brons maak.

4. Julle moet tralies van brons rondom die altaar maak, en julle moet vier brons ringe daaraan vassit, ’n ring aan elke hoek.

5. Die tralies moet so hoog wees soos die helfte van die altaar.

6. Julle moet dra-pale maak van doringhout en julle moet die pale oortrek met brons.

7. Dan moet julle die dra-pale deur die ringe steek sodat die pale langs twee kante van die altaar is. Dan kan julle die altaar dra.

8. Julle moet die altaar van planke maak, dit moet soos ’n kas wees. Julle moet dit maak soos Ek vir jou op die berg gewys het.”

12. By die westekant moet die gordyne 50 el breed wees, en daar moet tien pale en tien voetstukke wees.

13-15. By die voorkant, die oostekant, moet die gordyne aan elke kant van die ingang 15 el breed wees, en daar moet drie pale en drie voetstukke wees.

16. By die ingang moet daar ’n gordyn wees, 20 el lank. Julle moet die gordyn maak van blou, pers en rooi wol-materiaal en van goeie linne-materiaal. Hierdie gordyn moet hang aan vier pale op vier voetstukke.

17. Julle moet al die pale en hulle hake van silwer maak, en die voetstukke van brons.

18. Die oop stuk grond moet 100 el lank en 50 el breed wees, en die gordyne moet vyf el hoog wees. Julle moet die gordyne maak van goeie linne-materiaal en die voetstukke van brons.

19. Julle moet al die gereedskap vir die werk in die tempel-tent en al die tentpenne van brons maak.”

Eksodus 27