5. As hulle op die sesde dag die kos regmaak wat hulle opgetel het, dan sal daar twee maal meer kos wees as op die ander dae.”
6. Moses en Aäron het vir al die Israeliete gesê: “Vanaand sal julle weet dat dit die Here is wat julle laat weggaan het uit Egipte.
7. En môre sal julle die lig sien wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn. Hy het gehoor wat julle van Hom praat. Hoekom beskuldig julle vir my en Aäron? Ons is nie belangrik nie.”
8. Moses het gesê: “Die Here sal vanaand vir julle vleis gee en môre-oggend brood, meer as genoeg kos. Hy sal dit doen omdat Hy gehoor het julle praat van Hom. Julle het nie vir óns beskuldig nie, julle het vir die Here beskuldig.”
9. Moses het vir Aäron gesê hy moet vir al die Israeliete sê: “Kom almal bymekaar, want die Here het gehoor wat julle van Hom gepraat het.”
10. Nadat Aäron met al die Israeliete gepraat het, het hulle omgedraai en na die woestyn gekyk. Hulle het in ’n wolk die lig gesien wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn.
11. Die Here het vir Moses gesê: