2 Samuel 3:8-20 Bybel vir Almal (ABA)

8. Abner het baie kwaad geword omdat Is-Boset dit gesê het. Abner het gesê: “Dink jy ek wil teen jou veg saam met die mense van Juda? Ek het gebly by jou pa Saul se familie, by sy broers en sy vriende, en ek het jou beskerm teen Dawid. Hoekom is jy nou kwaad vir my? Hoekom sê jy ek het iets verkeerd gedoen met die vrou?

11. Is-Boset was so bang vir Abner dat hy niks kon sê nie.

12. Abner het dadelik vir Dawid ’n boodskap gestuur en gesê: “Die hele land behoort aan jou. As jy ’n ooreenkoms maak met my, dan sal ek jou help om koning te word oor die hele Israel.”

13. Dawid het geantwoord en gesê: “Goed, ek sal ’n ooreenkoms maak met jou, maar ek vra vir jou een ding: Jy moet vir Mikal, dogter van Saul, saambring. As jy haar nie saambring nie, dan moet jy nie na my toe kom nie.”

14. Dawid het ook vir Is-Boset ’n boodskap gestuur en gesê: “Jy moet my vrou Mikal vir my teruggee. Ek het 100 Filistyne doodgemaak om haar te kry.”

15. Is-Boset het iemand gestuur en hy het Mikal weggevat van haar man Paltiël seun van Lus.

16. Haar man het saam met haar gegaan en hy het geloop en huil tot by die stad Bagurim. Maar toe Abner vir hom sê hy moet teruggaan, het hy omgedraai en teruggegaan.

17. Abner het vir die leiers van Israel gesê: “Julle wou lankal hê dat Dawid julle koning moet word. Daarom, maak hom nou julle koning. Want die Here het gesê:

18. “Ek sal my volk Israel redvan die Filistyne,van al hulle vyande.My dienaar Dawidsal dit doen.”

19. Abner het ook met die Benjamin-mense gepraat. Toe het hy vir Dawid in Hebron gaan sê die mense van Israel en die hele Benjamin-stam is gereed.

20. Abner het by Dawid in Hebron gekom, en daar was twintig manne saam met hom. Dawid het ’n groot ete gegee vir Abner en die manne by hom.

2 Samuel 3