1 Kronieke 26:14-31 Bybel vir Almal (ABA)

2-3. Meselemja het sewe seuns gehad, hulle was Sagaria, Jediael, Sebadja, Jatniël, Elam, Joganan en Eljehoënai.

14. Selemja het die lootjie getrek om by die oos-poort wag te staan, en sy seun Sagaria om by die noord-poort wag te staan. Sagaria was ’n verstandige raadgewer.

15. Obed-Edom het die lootjie getrek om by die suid-poort wag te staan, sy seuns om by die stoorkamers wag te staan,

16. en Suppim en Gosa om wag te staan by die wes-poort en by die Salleket-poort na die boonste pad. Die familie-groepe het wagbeurte gekry.

17. By die oos-poort het elke dag ses Leviete waggestaan, by die noord-poort was daar vier wagte, en by die stoorkamers was daar altyd twee wagte.

18. By die oop stuk grond wes van die tempel het vier Leviete waggestaan by die pad, en twee het waggestaan by die oop stuk grond.

19. Dit was die groepe poortwagte van die Korag-familie en die Merari-familie.

20. Die ander Leviete van hierdie families wat die stoorkamers van die tempel en die gewyde presente moes oppas, was

21-22. Jegiël en sy seuns Setam en Joël. Jegiël was die seun van Ladan en hulle was van die Gerson-familie. Hulle moes wagstaan by die stoorkamers.

23-24. Van die families Amram, Jishar, Hebron en Ussiël was daar hierdie leiers: Subael seun van Gersom seun van Moses was die hoof oor die stoorkamers.

25. Subael se familie, die nageslag van Eliëser, was Selomot seun van Sikri seun van Joram seun van Jesaja seun van Regabja.

26. Selomot en sy familie moes die gewyde presente oppas wat koning Dawid en die familiehoofde gewy het saam met die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne en die hoofde van die leër.

27. Hulle het van die goed gegee wat hulle in oorloë gevat het van die vyande, hulle het dit gewy om in die tempel te gebruik.

28. Selomot en sy broers moes alles oppas wat die siener Samuel en Saul seun van Kis gewy het saam met Abner seun van Ner en Joab seun van Seruja.

29. Kenanja en sy seuns van die Jishar-familie het nie in die tempel gewerk nie, hulle moes voormanne en regters wees.

30. Gasabja en sy broers was leiers van die Hebron-familie. Hulle was 1 700 mense, en hulle moes kyk dat die Israeliete wes van die Jordaan-rivier alles reg doen, al die werk vir die Here en vir die koning.

31. Jerija was die hoof van die Hebron-familie. Veertig jaar nadat Dawid koning geword het, het hy gesê sy manne moet alles uitvind oor die geslagte en families. Daar was toe baie leiers by die stad Jaser in die land Gilead.

1 Kronieke 26