7. Julle moenie afgode dien nie. Party van die Israeliete het dit gedoen. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die volk het gaan sit om te eeten te drink,en hulle het opgestaanen wild feesgevier.
8. Ons moenie onsedelik lewe nie. Party van die Israeliete het onsedelik gelewe, en toe het daar op één dag 23 000 Israeliete gesterf.
9. Ons moenie vir Christus kwaad maak nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het slange hulle doodgepik.
10. Ons moenie kla nie. Party van die Israeliete het dit gedoen, en toe het die engel wat mense moet doodmaak, vir hulle doodgemaak.
11. Hierdie dinge het met die Israeliete gebeur sodat dit vir ons kan waarsku. Dit is geskryf sodat dit vir ons iets kan leer. Ons moet beter verstaan as die Israeliete, want ons lewe nou in die tyd nádat Christus gekom het.
12. Daarom, iemand wat dink dat hy nooit sonde sal doen nie, moet oppas dat hy nie begin om sonde te doen nie.
13. Daar gebeur dinge wat vir julle toets, en wat vir julle wil laat ophou om God te dien. Maar julle kan hierdie dinge oorwin. God sal julle altyd help. Hy sal sorg dat hierdie dinge nie sterker is as julle geloof nie. Wanneer die dinge julle wil laat ophou glo, dan sal God julle help om sterk te wees en aan te hou glo.
14. Daarom, liewe vriende, julle moet wegvlug van die afgode.
15. Ek weet julle is verstandig. Julle moet self besluit of die dinge wat ek nou sê, reg is.
16. Wanneer ons by die nagmaal uit die beker drink, dan sê ons dankie dat die Here ons gered het en ons prys Hom. So is ons en Christus saam een, Christus wat sy bloed vir ons gegee het. En wanneer ons die brood eet, dan is ons en Christus saam een, Christus wat sy liggaam vir ons gegee het.
17. Daar is één brood. Dit is dieselfde met ons: Ons is baie mense, maar ons is almal saam één liggaam, want ons eet almal saam van die één brood.
18. Dit was dieselfde met die Israeliete in die tyd van die Ou Testament. Wanneer hulle van die offer-vleis geëet het, dan het hulle vir God gedien, hulle het aan God behoort.
19. Ek sê nie dat die offer-vleis belangrik is of dat die afgode regtig iets beteken nie.
20. Maar ek sê dat wanneer die heidene offer, dan dink hulle dat hulle vir ’n god offer, maar hulle offer vir duiwels. En ek wil nie hê dat julle die duiwels moet dien en aan hulle moet behoort nie.
21. Julle kan nie uit die nagmaal-beker van die Here drink en ook uit die beker van duiwels nie. Julle kan nie by die nagmaal-tafel van die Here sit en ook by die tafel van duiwels nie.
22. As ons dit doen, dan is ons ontrou en ons maak die Here kwaad. En julle weet dat ons nie sterker is as Hy nie.