12. Die koning het die jenewerhout gebruik om tralies te maak in die tempel en in die paleis en ook om liere en harpe te maak vir die mense wat sing. Daar het nooit weer jenewerhout in die land gekom wat so mooi was nie. Tot vandag toe het niemand weer hout gesien wat so mooi is nie.
13. Koning Salomo het vir die koningin van Skeba alles gegee wat sy wou hê, hy het alles gegee, alles wat sy gevra het. Hy het ook nog ander presente vir haar gegee, presente wat hy self besluit het om vir haar te gee. Sy en haar amptenare het toe teruggegaan na haar land.
14. Salomo het elke jaar 666 talente goud gekry.
15. Hy het ook nog goud gekry van die mense wat deur sy land gegaan het, en van die handelaars, en van al die konings van Arabië, en van die goewerneurs in die land Israel.
16. Hy het 200 groot skilde laat maak. Hulle het 600 sikkels goud vir elke skild gebruik.
17. Hy het ook 300 klein skilde laat maak. Hulle het drie mines goud vir elke skild gebruik. Die koning het die skilde in die houthuis gesit.
18. Hy het ook ’n groot troon laat maak van ivoor en hy het dit laat toemaak met skoon goud.
19. Die troon het ses trappe gehad en die kopstuk was agter rond. Langs altwee kante van die sitplek was armleunings waar die koning se arms kon rus, en daar was twee leeus langs die armleunings.
20. Langs altwee kante van die ses trappe het twaalf leeus gestaan. Daar was nêrens in ’n ander land so ’n mooi troon nie.
21. Al die bekers waaruit koning Salomo gedrink het, was van goud, en in die houthuis was al die bekers van fyn goud. In die tyd toe Salomo gelewe het, was silwer nie belangrik nie.
22. Koning Salomo se skepe waarop die handelaars was, was op die see saam met die skepe van koning Hiram. Die skepe het elke drie jaar teruggekom. Die skepe was vol goud en silwer, ivoor, ape en bobbejane.