1. Dit was al lank dat die Here na alle kante toe aan Israel rus gegee het van sy vyande, en Josua was al baie oud.
2. Josua het die hele Israel geroep, die leiers, die hoofde, die regters, die ampsdraers, en vir hulle gesê: “Ek is al baie oud.
3. Julle het gesien wat die Here julle God alles aan hierdie nasies gedoen het ter wille van julle. Dit is Hy, die Here julle God, wat die oorlog vir julle gevoer het.
4. Ek het saam met die gebiede van al die nasies wat ek uitgeroei het, ook dié van die nasies wat nog oorbly, as eiendom aan julle stamme toegeken: van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste.
5. Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdrywe sodat julle hulle land in besit kan neem soos die Here julle God julle beloof het.
6. “Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die wetboek van Moses. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie,