Jesaja 65:6-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. By My staan dit vas:Ek gaan ingryp,Ek gaan hulle straf,Ek gaan hulle straf volgens wat hulle verdien.

7. Ek gaan hulle straf oor hulle en hulle voorvaders se sondes,sê die Here.Hulle het wierook gebrand op die bergeen My beledig op die heuwels.Ek gaan hulle straf vir hulle dade van vroeër,volgens wat hulle verdien.

8. So sê die Here:Wanneer 'n druiwetros nog sap het,sê die mense: “Moet dit nie weggooi nie,want dit het nog nut.”So sal Ek doen ter wille van my dienaars,Ek sal hulle nie almal verwerp nie.

9. Ek sal aan Jakob 'n nageslag gee,aan Juda 'n nageslag wat my bergland sal besit.Dié wat Ek uitverkies het, sal dit in besit neem,my dienaars sal daar woon.

10. Die Saronvlakte sal 'n weiveld wees vir die kleinvee,die Akorlaagte 'n lêplek vir die beeste,vir dié uit my volk wat vra na my wil.

11. Maar julle wat van die Here afvallig geword het,julle wat my heilige berg vergeet het,julle wat vir die afgod Gad offermaaltye hou,wyn inskink vir die afgod Meni,

12. Ek gaan julle straf met die dood,julle sal almal inmekaarsak en doodgesteek word,omdat julle nie geantwoord het toe Ek geroep het nie,nie geluister het toe Ek gepraat het nie.Julle het gedoen wat verkeerd is in my oë,julle het gekies vir wat My nie aanstaan nie.

13. Daarom, so sê die Here my God,sal my dienaars genoeg hê om te eet,maar julle sal honger ly;my dienaars sal genoeg hê om te drink,maar julle sal dors ly;my dienaars sal bly wees,maar julle sal teleurgestel staan.

14. My dienaars sal jubel omdat dit met hulle goed gaan,maar julle sal skreeu van pyn,julle sal huil van hartseer.

15. Dié wat Ek uitverkies het, sal julle naam gebruikom mense mee te vervloek.Die Here my God sal júlle ombring,maar aan dié wat Hom dien,gee Hy 'n nuwe toekoms.

16. Elkeen in die land wat om voorspoed bid,sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is,en elkeen in die land wat 'n eed aflê,sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is.Die swaarkry van vroeër sal vergeet wees,Ek laat dit verdwyn.

Jesaja 65