7. In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore,in plaas van minagting sal julle lof ontvangoor wat julle besit.Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevoreen julle sal altyd vreugde hê.
8. Ek is die Here, Ek het die reg lief,Ek haat roof en misdaad.In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het,Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit.
9. Hulle afstammelinge sal bekend wees onder die nasies,hulle nakomelinge onder die volke.Almal wat na my volk kyk, sal besefdat hulle 'n volk is wat deur die Here geseën is.
10. Ek is baie bly oor die Here,ek juig oor my God,want Hy het my gered,vir my oorwinnaarsklere aangetrek.Ek is soos 'n bruidegom met 'n priesterkroon op,soos 'n bruid met haar juwele aan.