Jesaja 57:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die regverdige kom om,en daar is niemandwat dit ter harte neem nie;dié wat aan die verbond getrou is,sterf sonder dat iemand begrypdat dit deur die boosheid in die wêreld isdat die regverdiges sterf.

2. Dié wat die reguit pad loop,kom waar daar vrede is,hulle rus in die graf.

3. Maar kom julle nader hierheen,kinders van 'n towerheks,julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!

4. Met wie wil julle spot?Teen wie wil julle grootpraat,vir wie wil julle tong uitsteek?Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie,'n broeisel leuenaars!

5. Julle dien die afgodemet julle wellus onder die groot bome,onder elke groen boom.Julle offer julle kinders in die laagtesen onder die oorhangende rotse.

6. Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte,daar soek julle julle deel.Vir hulle bring julle drankoffersen offer julle graanoffers.Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?

7. Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheiden daarheen opgeklim om offers te bring.

Jesaja 57