Jesaja 51:16-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Ek het vir jou gesê wat jy moet sê,en jou beskerm in die skaduwee van my hand,want Ek het die hemel oopgespanen die aarde se fondamente gelêen vir Sion gesê: Jy is my volk.

17. Word wakker, word wakker!Staan op, Jerusalem!Jy wat die oordeelsbekeruit die hand van die Here gedrink het,wat die beker gedrink het wat jou laat steier het,dit leeggedrink het!

18. Onder al die seuns wat jy in die wêreld gebring het,was daar nie een wat jou gelei het nie,onder almal wat jy grootgemaak het,was daar nie een wat jou aan die hand gevat het nie.

19. Kyk wat het jou alles getref.Wie het nog medelye met jou?Daar is net verwoesting en vernietiging,hongersnood en bloedvergieting.Wie kan vir jou uitkoms gee?

20. Soos wild wat in 'n vangnet gevang is,lê jou seuns magteloos op die hoeke van die strate,voluit getref deur die toorn van die Here,deur die straf van jou God.

21. Luister dan tog hierna,jy wat in soveel ellende verkeer,jy wat dronk is, maar nie van wyn nie.

22. So sê die Here, jou Here en jou Godwat die saak van sy volk behartig:Ek gaan die beker wat jou laat steier het,uit jou hand wegvat,die beker van my toorn.Jy hoef nie verder daaruit te drink nie.

23. Inteendeel, Ek sit dit in die hand van jou verdrukkers,hulle wat vir jou gesê het:“Gaan lê dat ons oor jou kan loop.”Jy moes jou rug soos die grond maak,soos 'n straat vir dié wat oor jou geloop het.

Jesaja 51