1. Luister na My, julle wat wil reg doen,julle wat na die wil van die Here vra:Dink aan die rots waaruit julle gekap is,aan die klipgroef waaruit julle gegrawe is.
2. Dink aan Abraham, julle voorvader,aan Sara wat vir julle in die wêreld gebring het.Ek het Abraham geroep toe hy kinderloos wasen Ek het hom geseën en hom 'n groot nageslag gegee.
3. Nou gaan die Here Hom oor Sion ontferm,Hy gaan Hom oor al die puinhope daar ontferm.Hy gaan die woestyngedeeltes maak soos Eden,die barre wêreld soos die tuin van die Here.Daar sal vreugde en blydskap in Sion wees,daar sal gedank en gesing word.
4. Luister na My, my volk,my volk, gee aandag aan wat Ek sê:My onderrig sal uitgaan na die volke toe,my wil sal vir die nasies die koers aanwys.
5. Die redding wat Ek bring, kom baie gou,die verlossing wat Ek bewerk, is op pad,Ek self regeer oor die nasies.Die eilande wag op My,hulle wag dat Ek My laat geld.
6. Kyk op na die hemel,kyk na die aarde hier onder:die hemel sal soos rook verdwyn,die aarde sal word soos ou klere,en almal wat daarop woon, sal doodgaan soos muggies,maar die verlossing wat Ek bewerk, sal vir altyd wees,die redding wat Ek bring, sal altyd bly.
7. Luister na My, julle wat doen wat reg is,volk in wie se hart my wet is,moenie bang wees vir die spot van mense nie,moenie skrik as hulle julle beledig nie.
8. Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word,soos wol wat deur vismotte verniel word.Maar die redding wat Ek bring, sal vir altyd wees,die verlossing wat Ek bewerk, sal daar wees vir elke geslag.
9. Gryp in, Here, gryp in!Toon u mag, u krag!Gryp in soos in die ou tyd,soos in tye lank gelede.Is dit dan nie U wat vir Rahab verslaan het nie,wat die seemonster deurboor het nie?