4. Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei,ek het my heeltemal verniet afgesloof.Maar die Here sál aan my reg laat geskied,my God sál my beloon.
5. En nou maak die Here 'n aankondiging,Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak hetom Jakob na Hom toe terug te bringsodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie.Die Here het my 'n belangrike opdrag gegeeen my God gee my die krag om dit te doen.
6. Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar isom die stamme van Jakob te herstelen om die Israeliete wat gered is,terug te bring nie;Ek maak jou 'n lig vir die nasiessodat die redding wat Ek bewerk,die uithoeke van die aarde sal bereik.
7. So sê die Here,die Heilige van Israel, sy Verlosser,vir dié een wat diep verag is,wat deur die nasies verafsku worden wat 'n dienaar van regeerders is:Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan,leiers sal buigtot eer van die Here wat getrou is,die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.
8. So sê die Here:Op 'n tyd wat Ek goeddink, sal Ek jou gebede verhoor,op die dag wanneer Ek wil red, sal Ek jou help.Ek sal jou beskermen jou my verbond met my volk maakom sy land te herstel,om sy verlate eiendom weer in besit te neem,
9. om aan dié wat gevange gehou word, te sê: “Gaan uit!”aan dié wat in die donker opgesluit sit: “Kom uit!”Hulle sal versorg word terwyl hulle op pad is,selfs op kaal heuwels sal daar vir hulle genoeg wees.
10. Hulle sal nie honger of dors kry nie,die woestynhitte en die son sal hulle nie brand nie,want Hy wat Hom oor hulle ontferm het,sal hulle onder sy sorg neem.Hy sal hulle by fonteine langs lei.
11. Ek sal al my berge paaie maak,my grootpaaie sal sonder opdraandes wees.
12. Daar kom my volk van ver af!Party kom uit die noorde en uit die weste,party kom uit die land van die Siniete.
13. Jubel, hemel! Juig, aarde!Sing vrolik, berge!Die Here het vir sy volk uitkoms gegee,Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.