Jesaja 37:14-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe in die teenwoordigheid van die Here oopgesprei.

15. Toe het hy tot die Here gebid:

16. “Here, Almagtige, God van Israel,U wat oor die gerubs troon,U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde,U het die hemel en die aarde gemaak.

17. Hoor tog, Here, luister,kyk tog, Here, let tog op!“Hoor tog wat Sanherib gesê het; hy het U, die lewende God, in sy boodskap gesmaad!

18. Dit is waar, Here, die konings van Assirië het nasies met lande en al verwoes

19. en hulle gode verbrand, maar dit was nie gode nie, dit was die werk van mensehande, hout en klip; daarom is hulle vernietig.

20. Here ons God, red ons tog uit die mag van die Assiriese koning. Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat net U, Here, God is.”

21. Jesaja seun van Amos het vir Hiskia 'n boodskap gestuur: “So sê die Here die God van Israel: Ek het jou gebed oor koning Sanherib van Assirië verhoor.

22. “Dit is wat die Here oor Sanherib sê:Sion verag jou en lag jou uit,Jerusalem kyk jou met minagting agterna.

23. Vir wie het jy gesmaad en belaster?Vir wie het jy geskreeu en uitgedaag?Die Heilige van Israel!

24. Deur jou amptenare het jy die Here geminagtoe jy gesê het:‘Ek het met my baie strydwaens teen die hoogste berge opgery,na die toppe van die Libanon toe;ek het sy hoogste seders afgekap, sy mooiste sipresse.Ek het sy hoogste skuilhoeke binnegedring, sy digste bosse.

25. Ek het na water gegrawe en dit gedrink,met my voetsole die opgedamde riviere laat opdroog.’

26. So sê die Here vir jou, Sanherib:Het jy dan nie gehoor nie:Ék het dit bewerk, lank gelede al,van die vroegste tye af het Ek dit voorbereien Ek het dit nou laat gebeur:jy moes vestingstede verwoesen puinhope van hulle maak.

27. Hulle inwoners was magteloos,verskrik en sonder raad,soos veldplante, soos groen gras,soos gras op 'n huis se dak:dit verskroei voor dit behoorlik staan.

28. Of jy sit of gaan of kom, Ek weet dit,Ek weet hoe jy teen My te kere gegaan het.

29. Omdat jy dit gedoen het,omdat Ek jou verwaande woorde moes aanhoor,sit Ek 'n haak deur jou neusen 'n stang tussen jou tandeen lei Ek jou terug op die padwaarmee jy gekom het.

30. “Vir jou, Hiskia, gee Ek die volgende teken: vanjaar sal julle die opslag eet en volgende jaar wat dan opslaan, maar in die jaar daarna sal julle saai en oes, wingerde plant en druiwe eet.

31. Dié van Juda wat die beleg oorleef het en oorgebly het, sal weer soos plante wortel skiet en vrugte dra.

32. Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, daar sal mense vry van Sionsberg af uitgaan. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

33. Daarom, so sê die Here oor die koning van Assirië, sal hy nie in dié stad inkom nie, hy sal nie 'n pyl hier afskiet nie, nie 'n skild teen die stad optel nie, nie 'n beleëringswal daarteen opgooi nie.

Jesaja 37