5. Toe Jakob uit Berseba wou vertrek, het die seuns van Israel hulle pa Jakob en hulle kinders en vrouens op die waens laat klim wat deur die farao gestuur is om op te ry.
6. Hulle het hulle vee saamgevat en ook die ander besittings wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het. So is Jakob en sy hele nageslag weg Egipte toe:
7. sy seuns en kleinseuns was by hom, ook sy dogters en kleindogters. Hy het sy hele familie saamgevat Egipte toe.
8. Hier volg die name van die Israeliete wat Egipte toe is:Jakob en sy oudste seun Ruben
9. en dié se seuns Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.
10. Simeon en sy seuns Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar en Saul, seun van 'n Kanaänitiese vrou.
11. Levi en sy seuns Gerson, Kehat en Merari.
12. Juda en sy seuns Sela, Peres en Serag. Juda se ander seuns, Er en Onan, het al in Kanaän gesterf. Peres se seuns was Gesron en Gamul.
13. Issaskar en sy seuns Tola, Puwwa, Jasub en Simron.
14. Sebulon en sy seuns Sered, Elon en Jagleël.
15. Dit is die seuns wat Lea vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook 'n dogter Dina gehad. Hulle almal saam was drie en dertig.
16. Gad en sy seuns Sifjon, Gaggi, Suni, Esbon, Eri, Arod en Areli.
17. Aser en sy seuns Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria en hulle suster Serag. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.
18. Dit is die seuns wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Lea gegee. Hulle almal saam was sestien.
19. Josef en Benjamin was die seuns van Jakob se vrou Ragel.
20. In Egipte is daar twee seuns vir Josef gebore. Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, het hulle vir hom in die wêreld gebring. Hulle was Manasse en Efraim.