Genesis 46:15-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Dit is die seuns wat Lea vir Jakob in Paddan-Aram in die wêreld gebring het. Sy het ook 'n dogter Dina gehad. Hulle almal saam was drie en dertig.

16. Gad en sy seuns Sifjon, Gaggi, Suni, Esbon, Eri, Arod en Areli.

17. Aser en sy seuns Jimna, Jiswa, Jiswi en Beria en hulle suster Serag. Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.

18. Dit is die seuns wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Lea gegee. Hulle almal saam was sestien.

19. Josef en Benjamin was die seuns van Jakob se vrou Ragel.

20. In Egipte is daar twee seuns vir Josef gebore. Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, het hulle vir hom in die wêreld gebring. Hulle was Manasse en Efraim.

21. Benjamin se seuns was Bela, Beker, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Guppim en Ard.

22. Dit is die seuns wat Ragel vir Jakob in die wêreld gebring het. Hulle almal saam was veertien.

23. Dan en sy seun Sugam.

24. Naftali en sy seuns Jagseël, Guni, Jeser en Sillem.

25. Dit is die seuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het haar vir sy dogter Ragel gegee. Hulle almal saam was sewe.

26. Afgesien van die vrouens van Jakob se seuns was daar ses en sestig afstammelinge van Jakob wat na Egipte toe is.

27. In Egipte was daar reeds twee seuns vir Josef gebore. Jakob se afstammelinge was dus altesaam sewentig, en hulle was in Egipte.

28. Jakob het vir Juda vooruit gestuur na Josef toe om hom te laat weet dat hy op pad is na Gosen toe. Nadat Jakob-hulle in Gosen aangekom het,

Genesis 46