5. Hy het toe van die jong Israeliete gestuur om bulle as brandoffers en maaltydoffers vir die Here te offer.
6. Moses het die helfte van die bloed in bakke gehou en die ander helfte op die altaar gesprinkel.
7. Hy het die verbondsboek geneem en dit vir die volk voorgelees.Hulle het gesê: “Ons sal alles doen wat die Here beveel het en daaraan gehoorsaam wees.”
8. Moses het toe die bloed gevat en op die volk gesprinkel terwyl hy sê: “Dit is die bloed van die verbond wat die Here op grond van al hierdie gebooie met julle gesluit het.”
9. Moses, Aäron, Nadab, Abihu en sewentig leiers van Israel het toe die berg uitgeklim.
10. Hulle het die God van Israel gesien: onder sy voete was 'n plaveisel soos saffiersteen, so blou soos die hemel self.
11. God het geen hand teen die leiers van Israel gelig nie: hulle het Hom gesien en daarna het hulle geëet en gedrink.
12. Toe sê die Here vir Moses: “Klim nou die berg verder uit na My toe en vertoef daar dat Ek vir jou die plat klippe kan gee waarop Ek die wette en gebooie neergeskryf het vir die onderrig van die volk.”
13. Moses en sy assistent Josua is toe hoër teen die berg van God op.
14. Vir die leiers het Moses gesê: “Wag hier vir ons totdat ons na julle toe terugkom. Aäron en Hur is hier by julle: as iemand 'n probleem het, kan hy na hulle toe gaan.”
15. Terwyl Moses die berg uitklim, het 'n wolk dit omhul.