1. Hierna het ek 'n ander engel uit die hemel uit sien afkom. Hy het groot gesag gehad, en die aarde is deur sy heerlikheid verlig.
2. Hy het met 'n sterk stem uitgeroep:“Geval, geval het die grote Babilon.Dit het die blyplekvan die bose geeste geword, die skuilplek van alle onrein geeste, die skuilplek van alle onrein roofvoëls en die skuilplek van alle onrein en afskuwelike diere,
3. omdat al die nasiesvan die dwelmdrank van haar onsedelikheid gedrink het.Die konings van die aardehet onsedelik met haar verkeer,en die sakemanne van die aarde het ryk geworduit haar grenselose weelde.”
4. Toe het ek 'n ander stem uit die hemel hoor sê:“Gaan uit haar uit, my volk,sodat julle nie aan haar sondes deel kryen die plae wat oor haar kom, julle ook tref nie.
5. Haar sondes het tot aan die hemel opgehoop,en God het haar ongeregtighede onthou.
6. Behandel haarsoos sy julle behandel het, en vergeld haar dubbel soveel as wat sy julle aangedoen het.In die beker waarin sy vir julle ingeskink het,moet julle vir haartwee keer soveel inskink.
7. In die mate waarin sy gepronken in wellus gelewe het,in dié mate moet julle haar pyn en droefheid aandoen.Sy sê by haarself:‘Ek sit as koningin op my troon.Ek is nie weduwee nie, en treur sal ek nooit nie.’
8. Daarom sal al die plae haar op een dag tref:pes, droefheid en hongersnood.Sy sal met vuur verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.”
9. Die konings van die aarde wat onsedelik met haar gelewe en hulle daarin verlustig het, sal huil en te kere gaan oor haar wanneer hulle die rook sien soos sy verbrand word.
10. Hulle sal ver weg staan uit vrees vir die pyniging wat haar aangedoen word, en sal sê:“Hoe vreeslik, hoe vreeslik!Die groot stad, Babilon, die sterk stad!In een oomblik het die oordeel oor jou gekom!”