Amos 1:4-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Daarom sal Ek in die paleis van Gasael 'n vuur laat losbreeken dit sal die mooi huise van Ben-Hadad verteer.

5. Ek sal die grendels van Damaskus stukkend breek,die inwoners van Bikat-Awenen die regeerder van Bet-Eden uitroei.Die Arameërs sal in ballingskap na Kir toe weggevoer word,sê die Here.

6. So sê die Here:Selfs as Gasa net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het mense voor die voet as ballinge weggevoeren aan Edom uitgelewer.

7. Daarom sal Ek binne die mure van Gasa 'n vuur laat losbreeken dit sal sy mooi huise verteer.

8. Ek sal die inwoners van Asdoden die regeerder van Askelon uitroei.Ek sal my hand teen Ekron oplig,en die Filistyne wat nog oor is, sal omkom,sê die Here my God.

9. So sê die Here:Selfs as Tirus net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het mense voor die voet as ballinge aan Edom uitgeleweren nie aan die ooreenkoms met sy bondgenote gedink nie.

10. Daarom sal Ek binne die mure van Tirus 'n vuur laat losbreeken dit sal sy mooi huise verteer.

11. So sê die Here:Selfs as Edom net drie keer sonde gedoen het,sou Ek sy straf nie herroep het nie.Maar nou het hy 'n vierde sonde daarby gevoeg:hy het die Israeliete, sy broers, agtervolg met die swaarden die broederliefde verloën,hy het hulle in sy toorn verskeur,sy woede het bly kook.

Amos 1