2 Samuel 8:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hierna het Dawid die Filistyne verslaan. Hy het hulle onderwerp en die mag uit hulle hande geneem.

2. Hy het ook die Moabiete verslaan. Hy het hulle groep-groep op die grond laat lê: twee groepe om te laat doodmaak vir elke volle groep wat toegelaat is om te lewe. Moab het onderhorig geword aan Dawid en moes aan hom belasting betaal.

3. Toe Dawid sy mag aan die Eufraat gaan herstel het, het hy vir koning Hadad-Eser van Soba, seun van Regob, verslaan.

4. Van hom het Dawid sewentien honderd oorlogsperde en twintig duisend voetsoldate afgevat. Hy het perde vir honderd strydwaens uitgehou en al die ander se hakskeensenings afgesny.

5. Die Arameërs van Damaskus het vir koning Hadad-Eser van Soba te hulp gekom, maar Dawid het twee en twintig duisend man van Aram verslaan.

6. Hy het militêre poste in die gebied Aram-Damaskus ingerig, en die Arameërs het aan hom onderhorig geword en moes aan hom belasting betaal. Die Here het Dawid die oorwinning laat behaal net waar hy gegaan het.

7. Hy het die goue skilde van Hadad-Eser se offisiere afgevat en dit na Jerusalem toe gebring.

2 Samuel 8