1. Nagas die Ammoniet het opgetrek en Jabes in Gilead beleër. Al die inwoners van Jabes het vir Nagas gesê: “Sluit 'n verdrag met ons, dan sal ons u onderdane wees.”
2. En Nagas die Ammoniet het vir hulle gesê: “Op hierdie voorwaarde sal ek dit doen: ek steek elkeen van julle se regteroog uit tot skande van die hele Israel.”
3. Toe sê die leiers van Jabes vir hom: “Gee ons sewe dae kans sodat ons boodskappers deur die hele gebied van Israel kan stuur. Indien niemand tot ons redding kom nie, sal ons ons aan u oorgee.”
4. Die boodskappers het by Saul se stad Gibea gekom en ten aanhore van die volk die hele saak uiteengesit. En die hele volk het hard gehuil.
5. Toe kom Saul net agter die osse van die land af en hy vra: “Wat makeer die volk dat hulle so huil?”Hulle het hom vertel wat die manne van Jabes gesê het.
6. Die Gees van God het kragtig in Saul gewerk toe hy dit hoor, en hy het woedend geword.
7. Toe vat hy twee osse en kap hulle in stukke en stuur dit deur die hele gebied van Israel met boodskappers wat sê: “Hy wat nie agter Saul en Samuel optrek nie — so sal met sy beeste gemaak word.”'n Geweldige skrik het die volk oorval en hulle het soos een man opgetrek.