1 Kronieke 11:13-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Hy was by Dawid in Efes-Dammim toe die Filistyne daar vir die geveg bymekaargekom het. Daar was 'n stuk land vol gars, en toe die manskappe op die vlug slaan vir die Filistyne,

14. het die drie dapper manne binne in die land stelling ingeneem en dit behou. Hulle het die Filistyne verslaan, en so het die Here vir hulle 'n groot oorwinning gegee.

15. Op 'n keer het drie ander van die dertig leiers na Dawid toe gekom by die rots by die Adullamgrot. Die Filistynse kamp was in die Spooklaagte opgeslaan.

16. Dawid was toe in 'n bergskuiling en die Filistyne het Betlehem beset.

17. Dawid het baie dors geword en gesug: “Ag, as iemand my tog net water uit die put in Betlehem se poort kon laat drink!”

18. Die drie het toe deur die Filistynse kamp geglip en water gaan skep uit die put in Betlehem se poort. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar hy wou dit nie drink nie. Hy het dit as 'n offer vir die Here uitgegiet

19. en gesê: “Mag God my daarvan bewaar dat ek dit sou drink. Sou ek die bloed van hierdie manne ten koste van hulle lewens wou drink? Hulle het dit met lewensgevaar gebring, en ek durf dit nie drink nie.”Dit is wat die drie helde gedoen het.

20. Joab se broer Abisai was die leier van hierdie drie. Hy het met sy spies drie honderd man laat sneuwel. So het hy vir hom onder die drie naam gemaak.

21. Hy het 'n ereplek gehad in die tweede drietal en was hulle aanvoerder, maar een van die driemanskap het hy nie geword nie.

22. Benaja seun van Jojada was die seun van 'n krygsman. Hy was 'n man van baie dade, afkomstig uit Kabseël. Dit is hy wat die twee sterk manne van Moab doodgemaak het, en hy wat op 'n sneeudag in 'n put afgeklim en die leeu wat daarin was, doodgemaak het.

23. Hy het ook 'n Egiptenaar wat twee en 'n kwart meter lank was, doodgemaak. Die Egiptenaar het nogal 'n spies in sy hand gehad, so dik soos die dwarsbalk van 'n weefstoel, terwyl Benaja hom net met 'n stok gepak het. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies van kant gemaak.

24. Dit het Benaja seun van Jojada gedoen. So het hy vir hom onder die drie helde naam gemaak.

25. Hy het 'n hoër rang gehad as die res van die dertig, maar een van die driemanskap het hy nie geword nie. Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel.

26. Die dapper manne was: Asael broer van Joab; Elganan seun van Dodo uit Betlehem;

27. Samma uit Garod; Geles uit Pelet;

28. Ira seun van Ikkes uit Tekoa; Abiëser uit Anatot;

29. Sibbekai uit Gusa; Ilai uit Agoag;

30. Marai uit Netofa; Geled seun van Baäna uit Netofa;

31. Ittai seun van Ribai uit Gibea in Benjamin; Benaja uit Piraton;

32. Hiddai uit Nagale-Gaäs; Abi-Albon uit Bet-Araba;

1 Kronieke 11