1. Die hele Israel het gesamentlik na Dawid toe gekom in Hebron en gesê: “Ons is tog almal u eie mense!
2. Selfs in die tyd toe Saul koning was, was u tog maar die een wat vir Israel in die oorlog aangevoer het. Die Here u God het vir u gesê:“Jy moet vir my volk Israel 'n herder wees,ja, jy moet heerser oor my volk Israel wees.”
3. So het al die leiers van Israel by die koning in Hebron gekom. Toe het Dawid in Hebron in teenwoordigheid van die Here 'n verdrag met hulle gesluit. Daarna het hulle vir Dawid daar tot koning oor Israel gesalf. Dit was in ooreenstemming met die belofte van die Here deur Samuel.
4. Dawid en die hele Israel het toe opgetrek teen Jerusalem, dit is Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike inwoners van die land, het toe daar gewoon.
5. Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Hier sal jy nie inkom nie.”Tog het Dawid die Sionsvesting ingeneem: dié is nou die Dawidstad.
6. Dawid het destyds gesê: “Enigeen wat die eerste 'n Jebusiet neervel, word leier en aanvoerder!”Joab seun van Seruja het toe eerste die stad ingegaan en hy het leier geword.
7. Omdat Dawid toe in die vesting gaan woon het, noem hulle dit die Dawidstad.