1. TOE neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel.
2. En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en ’n purper kleed om Hom gewerp
3. en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.
4. Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
5. En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens!
6. En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.
7. Die Jode antwoord hom: Ons het ’n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.
8. En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword
9. en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.