Jesaja 15:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. GODSPRAAK oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!

2. Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medéba; op al hulle hoofde is ’n kaalte, elke baard is afgeskeer.

3. Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.

4. Hesbon en Eleále skreeu, hulle stem word gehoor tot Jahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab ’n angsgeskreeu aan, sy siel sidder.

5. My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selísia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horonáim laat hulle ’n geskreeu van verwoesting weerklink;

6. want die waters van Nimrim word ’n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.

Jesaja 15