Hoséa 11:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE Israel ’n kind was, het Ek hom liefgehad, en uit Egipte het Ek my seun geroep.

2. Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.

3. En Ek self het Efraim leer loop. Hy het hulle op sy arms geneem, maar hulle het nie erken dat Ek hulle genees het nie.

4. Met mensebande, met koorde van liefde het Ek hulle getrek; en Ek was vir hulle soos diegene wat die juk van hulle kakebeen af oplig; en Ek het My na hom neergebuig, Ek het hom voedsel gegee.

5. Hy sal na Egipteland nie terugkeer nie, maar Assur — dié sal sy koning wees; omdat hulle geweier het om hulle te bekeer.

Hoséa 11