16. En hulle het die hande aan haar geslaan, en sy het deur die ingang vir die perde in die huis van die koning gekom en is daar gedood.
17. En Jójada het die verbond gesluit tussen die Here en die koning en die volk, dat hulle ’n volk van die Here sou wees; ook tussen die koning en die volk.
18. Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van die Here.
19. Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die Here en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.
20. En die hele volk van die land was bly, en die stad rustig. Maar hulle het Atália met die swaard in die huis van die koning gedood.
21. Joas was sewe jaar oud toe hy koning geword het.