1 Samuel 9:10-21 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.

11. Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?

12. En dié antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag ’n offer op die hoogte het.

13. As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.

14. En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.

15. Want die Here het dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:

16. Môre sulke tyd sal Ek ’n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as ’n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.

17. Toe Samuel vir Saul sien, het die Here hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.

18. En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?

19. Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.

20. En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het — bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?

21. En Saul antwoord en sê: Is ek nie ’n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van Israel, en my geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?

1 Samuel 9