Spreuke 25:11-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Woorde op die regte tyd gesê, is soos goue appels in ’n silwer houer.

12. Soos ’n goue ring by goue juwele, so is die wyse vermaning by die oor wat bereid is om daarna te luister.

13. Vir die een wat hom stuur,is ’n betroubare boodskapper net so verkwikkend soos sneeu in die somerhitte van die oes. Hy gee vir sy werkgewer nuwe moed.

14. Iemand wat spog oor ’n geskenk wat hy nooit gegee het nie, is soos wolke en wind wat geen reën bring nie.

15. ’n Leier kan met geduld oorreed word. Versigtige woorde breek harde weerstand af.

16. Wanneer jy op heuning afkom, eet net tot jy genoeg gehad het. As jy te veel eet, gaan jy naar word.

17. Moenie te veel by jou buurman gaan kuier sodat hy te veel van jou sien en ’n weersin in jou kry nie.

18. Iemand wat vals getuienisse oor ’n ander versprei, is net so gevaarlik soos ’n knuppel, ’n swaard en ’n skerp pyl.

19. ’n Gebreekte tand,’n voet wat swik,so is dit om in gevaarstaat te maakop ’n onbetroubare mens.

20. So onvanpas soos dit is om klere uit te trek op ’n koue dag, of asyn op bytsoda te sit, so min van pas is dit dat iemand vir jou liedjies sing wanneer jy treurig voel.

21. As jou vyand honger is,moet jy hom iets gee om te eet. As hy dors is, gee hom iets om te drink.

Spreuke 25