8. Die volk het nuwe gode vir hulle gekies, daar het toe oorlog in die stadspoorte losgebreek. Geen spies of skild was te sienonder Israel se 40 000 soldate nie.
9. “My hart bloei vir die leiers van Israel, vir die vrywilligers van die volk. Prys die Here.
10. “Julle wat op mooi donkies ry, wat op versierde saalsakke sit, julle wat op reis is, dink ’n bietjie na!
11. “By die drinkbakke sing hulle daaroor, hulle praat oor die oorwinning wat die Here behaal het, oor sy oorwinning vir die mense van Israel. “Die volk van die Herehet afgegaan na die poorte van die stad:
12. ‘Kom, Debora, kom!Word wakker, word wakker!Kom sing ’n lied!Kom, Barak, kom neem hulle gevange, vat jou gevangenes weg, seun van Abinoam!’
13. “Hulle wat oor was, het van Tabor afteen die magtiges opgetrek, die volk van die Herehet uitgetrek teen magtige soldate.
14. Party van hulle was van Efraim, selfs van waar die Amalekiete voorheen gewoon het; Benjamin, hulle het agter jou opgeruk. Uit jou volk van Makir het leiers van die berg afgekom, uit Sebulon het mense gekom wat die heersersepter dra.
15. Die leiers van Issaskar was saam met Debora. Issaskar het Barak gevolg. Hulle is te voet die vallei in. By Ruben se groep was daar huiwering.
16. Waarom het jy by die krale gebly, geluister hoe die herders vir hulle skape fluit? Onder Ruben se groepwas daar onsekerheid.