17. Gilead het bly sit oorkant die Jordaan.Dan, waarom het jy by die skepe gebly? Aser het op die seestrand bly sit, hy het nie van die hawens af beweeg nie.
18. Sebulon was nie bang om te sterf nie, ook nie Naftali op die gevegsfront nie.
19. “Konings het kom veg. Die konings van Kanaän het by Taänak kom veg,by die fonteine van Megiddo,sonder om silwer buit te maak.
20. “Die sterre het van bo uit die lug geveg, hulle het van bo uit hulle baneteen Sisera geveg.
21. Die Kisonspruit het die vyand weggesleur, Kison, die rivier uit die oertyd.“Marsjeer aan, wees dapper!
22. “Die hoewe van die perde het geklap op die grond. Sisera se dapper manne het op ’n jaaggalop weggestorm.
23. “‘Meros is vervloek!’ sê die engel van die Here. Dié wat in Meros bly, is vir altyd vervloek. Hulle het die Herenie kom help nie. Hulle het Hom nie kom help om teen die kragtige soldate te veg nie.
24. “Van al die vroue moet Jael, die vrou van Geber die Keniet, geseën word. Sy moet meer geseën word as al die vroue wat in tente bly.
25. Sisera het vir water gevra. Sy het vir hom melk gegee. In ’n pragtige houer het sy dikmelk gegee.
26. In haar linkerhand het sy die tentpen gevat, in haar regterhand die dryfhamer. Sy het vir Sisera deurboor, sy kop verbrysel, hom pap geslaan en sy slape deurboor.
27. Hy het ineengestort, geval, en by haar voete gelê. Hy het geval, en waar hy by haar voete inmekaargestort het, het hy morsdood bly lê.
28. “Sisera se ma het uit die venster ondertoe gekyk. Sy het by die hortjies staan en sug. Sy het gevra:‘Waarom vat sy oorlogswa so lank om terug te kom?Hoekom bly die gedreun van sy wiele weg?’
29. Een van haar wyse prinsesseantwoord haar. Sy herhaal haar woorde:
30. ‘Hulle verdeel die groot buit wat hulle verower het. Vir elke soldaat ’n meisie of twee.Gekleurde klere as buit vir Sisera, gekleurde borduurwerkas buit,gekleurde borduurwerk vir my nek as buit.’