2. opgeteken. Hier volg van waar tot waar die Here hulle laat trek het:
3. Hulle is uit Rameses weg die oggend na die eerste Paasfees, die vyftiende van die eerste maand. Terwyl die Egiptenaars staan en kyk het, is hulle triomfantlik daar weg.
4. Die Egiptenaars was besig om hulle eersgeborenes te begrawe wat die Here die vorige nag om die lewe gebring het. Die Here het sy oordeel oor hulle gode voltrek.
5. Nadat hulle van Rameses weggetrek het, het hulle by Sukkot kamp opgeslaan.
6. Hulle is van Sukkot af weg en het kamp opgeslaan by Etam aan die rand van die woestyn.
7. Hulle het Etam verlaat, en is toe terug na Pi-Hagirot, teenoor Baäl-Sefon. Hulle het kamp opgeslaan by Migdol.
8. Hulle is van Pi-Hagirot weg en het deur die Rietsee na die woestyn toe getrek. Hulle het drie dae lank deur die Etamwoestyn getrek en toe by Mara kamp opgeslaan.
9. Hulle het Mara verlaat en by Elim aangekom met sy twaalf fonteine en 70 palmbome. Hulle het daar kamp opgeslaan.
10. Van Elim af het hulle teruggedraai en langs die Rietsee kamp opgeslaan.
11. Van die Rietsee af is hulle na die Sinwoestyn, waar hulle kamp opgeslaan het.
12. Hulle is van die Sinwoestyn af weg en het by Dofka kamp opgeslaan.
13. Hulle het Dofka verlaat en by Alus kamp opgeslaan.
14. Hulle is van Alus af weg en het by Refidim kamp opgeslaan. Daar was nie genoeg drinkwater vir die volk nie.
15. Hulle het Refidim verlaat en in die Sinaiwoestyn gaan kamp opslaan.
16. Hulle het uit die Sinaiwoestyn weggetrek en by Kibrot-Taäwa kamp gemaak.
17. Hulle het Kibrot-Taäwa verlaat en by Gaserot kamp opgeslaan.
18. Hulle is van Gaserot af weg en het by Ritma kamp opgeslaan.
19. Hulle het Ritma verlaat en by Rimmon-Peres kamp opgeslaan.
20. Hulle is van Rimmon-Peres af weg en het by Libna kamp opgeslaan.
21. Hulle het Libna verlaat en by Rissa kamp opgeslaan.
22. Ná hulle by Rissa weg is, het hulle by Kehelata kamp opgeslaan.