Numeri 31:44-54 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

44. 36 000 beeste,

45. 30 500 donkies en

46. 16 000 meisies.

47. Uit die deel wat die mense gekry het, het Moses een uit elke 50 persone en diere gevat en dit vir die Leviete gegee wat by die tabernakel van die Here gewerk het. Hy het gemaak soos die Here vir hom gesê het.

48. Die aanvoerders van die leër, het toe na Moses gekom.

49. Hulle het vir Moses gesê: “Meneer, ons het die mans getel wat onder ons bevel was. Ons vermis nie een van ons manskappe nie.

50. Ons bring vir die Here ’n offer van al die goue goed wat ons gekry het: armringe en armbande, seëlringe, oorringe en halskettings. Dit moet vir ons versoening bring by die Here.”

51. Moses en die priester Eleasar het al die goue voorwerpe van hulle ontvang.

52. Al die goue goed wat die aanvoerders vir die Here kom offer het, het amper 200 kilogram geweeg.

53. Die manskappe wat gaan veg het, het hulle oorlogsbuit vir hulleself gehou.

54. Moses en die priester Eleasar het die goud by die aanvoerders gekry en dit na die tabernakel gebring. Dit sou die Here altyd aan Israel laat dink.

Numeri 31